University of Missouri-Columbia School of Health Professions Link to MU Homepage link to MU Homepage School of Health Professions
search  
Virtual Health Care Team
Case StudiesAbout VHCTContinuing EducationHealth ReferencesContact UsHome

Meganiese Lae Rug Pyn

Voorkoms en Koste

Voorkoms

80% persent van ons sal een of ander tyd in ons lewe deur lae rugpyn aangetas word, ongeveer 20 - 30% van ons op 'n gegewe tydstip. Dit is gewoonlik terugkerend en daaropeenvolgende voorvalle neig om te vermeerder in hewigheid. Dit is algemeen by persone wat sittende lewens ly en die wat betrokke is by hande-arbeid. Dit kan op enige ouderdom voorkom, maar word oorwegend aangetref gedurende die derde tot sesde dekade van die lewe.

Koste

Geweldige kostes is verbonde aan LRP, wat insluit verlore produktiwiteit en inkomste van die werk, die uitgawes van mediese herstelling en chirurgiese ingrypings, die koste of ongeskiktheid weens pyn en beperkte daaglikse werkverrigting. Rugpyn is tweede om net te noem dat asemhalingstoestande die grootste oorsaak is van werksverlies. Die koste van behandeling en vergoeding vir LRP in die nywerheid mag selfs groter wees as die totale bedrag wat gespandeer word aan alle ander bedryfsbeserings gesamentlik. Hoewel die meeste van die kostes ongeveer 80% is, kan ongeveer 20% van die LRP pasiënte wat blootgestel word, ongeskik verklaar word om hul werk te doen.

Behandelingstryd

LRP is en word deurlopend behandel met byna elke wyse bekend aan die mens, wat langdurige rus, verdowingsmiddels, chirurgie, hitte, koue, oefening, bewegingloosheid, buiging (verbuiging), verlenging, traksie, massering, manipulasie, mobilisasie, spierontspanningsmiddels, ens., insluit. LRP is 'n selfbeperkende siekte wat beteken dat die meeste pasiënte betyds herstel ongeag behandeling. 80% - 90% van pasiënte met akute LRP herstel in ongeveer ses weke, omtrent 60% van LRP pasiënte keer terug werk toe binne een week.
Aangesien dit gewoonlik 90% van die tyd selfbeperkend en terugkerend is, moet meer tyd en energie aan die onderrig van pasiënte spandeer word - hoe om LRP te voorkom en hoe om dit self te behandel.


Published by the Virtual Health Care Team ®
School of Health Professions
University of Missouri-Columbia
Questions? Comments? Contact Us
Copyright © 2006 — Curators of the University of Missouri
DMCA and other copyright information.
An equal opportunity/ADA institution.
All rights reserved. Disclaimer and Terms of Use
Last Update: August 29 2006