University of Missouri-Columbia School of Health Professions Link to MU Homepage link to MU Homepage School of Health Professions
search  
Virtual Health Care Team
Case StudiesAbout VHCTContinuing EducationHealth ReferencesContact UsHome

Meganiese Lae Rug Pyn

Posturale Sindroom


Tipiese behandeling progressie: Die posturale sindroom
Dag Behandefing
Een
  • Ondersoek en gevolgtrekking / diagnose.
  • Bespreking van postuur, wat 'n voldoende verduideliking van die aard van die probleem verseker. Die pasiënt moet die oorsaak van die pyn verstaan. Gewoonlik gee ek die eenvoudige voorbeeld van pyn wat van 'n passiewe gebuigde voorvinger ontstaan.
  • Ons moet onsself en die pasiënt tevrede stel dat die pyn deur posisionering uitgelok en verwyder kan word. As dit nie moontlik is om pyn gedurende die eerste behandelingsessie uit te lok nie, moet die pasiënt instruksies ontvang oor hoe om die pyn deur posturale koheksie, te verwyder wanneer dit weer te voorskyn kom.
  • Gaan aan met posturale korrigerende oefening en gee advies oor postuur houding, moenie die pasiënt te veel probeer onderrig tydens die eerste besoek nie.
  • Bespreek die belangrikheid van die instandhouding van die lordose gedurende volgehoue sit posisies, en demonstreer die gebruik van lumbale stutte in sit of lê.
Twee
  • Bevestig diagnose.
  • Gaan resultate na. As die pasiënt nie in staat was om die posturale pyn op sy eie te beheer nie, is dit moontlik dat ons die korrigering nie goed genoeg aangeleer is nie.

    Dit mag ook wees dat die pasiënt nie die houding goed genoeg aangeleer het nie. Dit mag ook wees dat die pasiënt nie die houding goed genoeg gekorrigeer of die gekorrigeerde postuur houding lank genoeg volgehou het nie. Wanneer pasiënte met so 'n voorstel op 'n aangevallende, manier gekonfronteer word, neem hulle dikwels aanstoot en ontken hulle dat hulle postuur afgesak het. Ons moet takvol wees wanneer hierdie punte bespreek word.
  • Indien moontlik, laat die pasiënt die pyn uitlok en verwyder; doen andersinds navrae na sy vermoë om die pyn gedurende die afgelope 24 uur, te verwyder deur die houding te korrigeer as die pyn te voorskyn kom.
  • Gaan die oefening na. Dit is verbasend hoe dikwels pasiënte die oefening verander sonder om dit te besef.
  • Herhaal posturale advies teen volle.
  • Lig die pasiënt in dat "nuwe pyne" te wagte kan wees as gevolg van die aanpassing by ander posturale gewoontes.
Drie
  • Behandeling soos vir dag twee.
  • Sodra die pasiënt sy posturale stress deeglik kan beheer, kan behandeling verander word van 'n daaglikse basis tot elke tweede of derde dag.
  • Sodra die pyn slegs af en toe voorkom en goed beheer kan word, mag die pasiënt die "slouch" oorkorrigeer oefening stop.
  • Verseker weer die pasiënt aangaande die begin van 'nuwe' posturale pyne.
Vier
en Fyf
  • Gaan oefening en vordering na.
  • Hanteer enige ander posturale pyn wat te voorskyn gekom het.
  • Hanteer ander situasies wat van tevore dalk oorgesien is.
Verdere
behandeling
  • 'n Paar opvolg besoeke met groter intervalle mag nodig wees om te verseker dat die pasiënt volle beheer van sy posturale pyn het.
  • Ons moet verseker dat die pasiënt die gewrigte voldoende gespan het en betrokke is in alle normale aktiwiteite.
  • Bespreek die gevolg van die verwaarlosing van postuur.
  • Bespreek profilakse deeglik voor ontslag.

Published by the Virtual Health Care Team ®
School of Health Professions
University of Missouri-Columbia
Questions? Comments? Contact Us
Copyright © 2006 — Curators of the University of Missouri
DMCA and other copyright information.
An equal opportunity/ADA institution.
All rights reserved. Disclaimer and Terms of Use
Last Update: September 5, 2006