University of Missouri-Columbia School of Health Professions Link to MU Homepage link to MU Homepage School of Health Professions
search  
Virtual Health Care Team
Case StudiesAbout VHCTContinuing EducationHealth ReferencesContact UsHome

Meganiese Lae Rug Pyn

Geneeskundinge Bevindinge


Larry Lumbar, 'n 47-jarige trok bestuurder wat veevoer vervoer, het na die familie dokter gegaan met lae rug pyn. Hy het die pyn as dof beskryf maar somtyds het hy pyn aan die agterkant van sy regterdy ervaar.

Hy het homself as 'n gesonde persoon beskou, maar na etlike vrae het dit aan die lig gekom dat hy al vir jare lae rug pyn en styfheid ervaar as gevolg van swaar voorwerpe oplig.

By hierdie geleentheid het hy 'n 50-pond voersak gelig, dit na die regterkant gedraai, voor-oor gebuk en dit op die platform gegooi. Hy het onmiddelik ongemak in sy lae rug gevoel en binne 24-uur het hy pyn en styfheid gevoel. Hy het aan die dokter bevestig dat hy ook pyn, 'n dooie gevoel en 'n tinteling aan die regterkant van sy dy ervaar. Hy het die nag sleg geslaap en het 'n dag verlof geneem.

Hy het ook gesê dat hy geen ontlasting of blaas probleme het nie, en geen swak gevoel in sy been nie.

Die pasiënt is getroud en het twee volwasse kinders. Hy het assuransie deur sy werkplek wat hospitalisasie dek, maar geen doktersbesoeke nie. Hy wonder dus of werkers-kompensasie sal betaal vir sy besering se mediese rekeninge.

Sy familie het nie rug probleme nie.

Hy het van tyd tot tyd hulp gesoek vir sy rug pyn asook asemhalings sisteem infeksies. Hy was egter nooit gehospitaliseer nie en neem geen medikasie nie.

'n Fisiese toets het getoon dat sy bloeddruk 126/82, sy polsslag 80, massa 243 pond en 5'11'' lank is.

Onlangse x-strale van sy rug en 'n neurologiese toets demonstreer die volgende: Hy is in staat om normaal te loop, maar hy klim baie versigtig op die ondersoek bed. Daar is 'n breë band van ongemak in die lae rug, maar meer aan die regter as aan die linkerkant.

Hy is in staat om op sy hakke en tone te loop sonder probleme, en hy kan huk sonder enige teken van spier verswakking. Die knie en enkel refleksie is normaal. In reaksie van streling van die onderste deel van sy voet buig die tone af. Hy is by magte om die refleks hammer simmetries te erken aan mediale en laterale aspekte van die voet. Reguit been optel wys dat hy sy been omtrent tot 75 grade op die linkerkant kan lig met net ligte styfheid in die rug. Aan die regterkant kla hy van pyn in sy rug en regter been by omtrent 60 grade.

Dit was besluit om nie verdere laboratoriese toetse te doen nie.

Verwysing

Die pasiënt se kondisie was oorweeg, alternatiewe moontlikhede was bespreek, gevaartekens was uitgewys sodat hy kan bel of terug kom en die pasiënt was vewys na 'n fisioterapeut vir verdere evaluasie en behandeling.


Published by the Virtual Health Care Team ®
School of Health Professions
University of Missouri-Columbia
Questions? Comments? Contact Us
Copyright © 2006 — Curators of the University of Missouri
DMCA and other copyright information.
An equal opportunity/ADA institution.
All rights reserved. Disclaimer and Terms of Use
Last Update: September 5, 2006