University of Missouri-Columbia School of Health Professions Link to MU Homepage link to MU Homepage School of Health Professions
search  
Virtual Health Care Team
Case StudiesAbout VHCTContinuing EducationHealth ReferencesContact UsHome

Meganiese Lae Rug Pyn

Wanfunksie Sindroom


Tipiese behandeling progressie: Die wanfunksie sindroom
Dag Behandefing
Een
  • Ondersoek en gevolgtrekking / diagnose.
  • Verduideliking van die oorsaak van die wanfunksie en benadering van behandeling.
  • Posturale korreksie en instruksies, veral aangaande sit; demonstreer die gebruik van lumbale stut.
  • Begin met oefeninge om funksie te herwin dit is, ektensie in lê, fleksie in lê, of laterale gly in staan, watter prosedure ook al aangedui is.
  • Beklemtoon die behoefte om a bietjie ongemak gedurende die oefening te ervaar, en die belangrikheid van gereelde oefening gedurende die dag.
  • As fleksie in lê aanbeveel is, moet ons die pasiënt waarsku om die oefening te stop as die simptome vinnig vererger. Ons mag 'n ontwrigting oorgesien het, of te vinnig met die prosedure 'n onlangse ontwrigting, begin het.
  • Volg altyd fleksie oefening met 'n bietjie ekstensie.
Twee
  • Bevestig diagnose.
  • Gaan posturale korreksie na.
  • Herhaal die posturale koffeksie en instruksies volledig.
  • Gaan oefening na. Indien verbeter, moet niks verander nie.
  • Indien geen verbetering nie verseker dat oefening vêr genoeg in die einde van omwag van beweging uitgevoer word, lank genoeg volgehou word gedurende die laaste drie herhalings, en gereeld genoeg deur die dag uitgevoer word.
  • Waarsku oor "nuwe pyne."
Drie
  • Gaan postuur en oefining na.
  • Indien geen verbetering me, begin met mobilisasie prosedures.
  • Verskeie mobilisasie behandelings mag nodig wees.
  • Patiënt moet voortgaan met self behandelings-oefeninge soos onder leiding van fisioterapeut.
Vier
en Fyf
  • Gaan oefening en vordering na.
  • Indien in behandeling vir 'n fleksie wanfunksie geen verdere verbetering moontlik is met fleksie in lê nie, verander na fleksie in staan, moontlik ook fleksie in loop-staan.
  • Tref die nodige voorsorgmaatreêls wanneer met feksie in staan begin word.
  • Verseker dat die pasiënt "nuwe pyne" het.
Verdere
behandeling
  • Ek verkies om patiënte in hierdie kategorie vir drie of vier opeenvolgende dae te sien. Indien vordering voldoende is en die pasiënt verstaan die tuis behandelings program, mag die behandeling verander na alternatiewe dae en later na twee keer per week indien nodig.
  • Dit neem gewoontlik tien tot twaalf dae behandelings, versprei oor vier tot ses weke om die wanfunksie suksesvol te behandel.
  • Indien die pasiënt na die middel van die behandelings periode ophou om te verbeter, en veral as die oorblywende pyn unilateral is, mag 'n rotasie manipulasie nodig wees. Dit mag dalk twee of drie keer herhaal moet word en behoort gekombineer te word met mobilisasie en oefenings prosedures wat alreeds toegepas word.
  • Voor ontslag moet profilakse in diepte bespreek word.

Published by the Virtual Health Care Team ®
School of Health Professions
University of Missouri-Columbia
Questions? Comments? Contact Us
Copyright © 2006 — Curators of the University of Missouri
DMCA and other copyright information.
An equal opportunity/ADA institution.
All rights reserved. Disclaimer and Terms of Use
Last Update: September 5, 2006