Tipiese behandeling progressie: Ontwrigting Een
| Dag |
Behandefing |
| Een |
- Ondersoek en gevolgtrekking / diagnose.
- Verduideliking van die oorsaak van die ontwrigting en benadering van
behandeling.
- Redusering van die ontwrigting: begin met maag lê, maag lê in ekstensie,
ekstensie in lê.
- Leer die pasiënt om die lumbale lordose te alle tye vol te hou, hy moet sit
met 'n lordose en plaas 'n lumbale ondersteuning in die lordose. Hy mag
voordeel trek uit 'n ondersteunde rol in die bed.
- Heerhaal E prosedures elke uur om reduksie vol te hou en herbesering te
voorkom.
- Indien ekstensie in lê nie moontlik is nie, moet dit vervang word deur
ekstensie in staan.
- Wanneer herhaling van die simptome voorkom kyk selfs meer uit vir die
behoud van die lumbale lordose en voer onmiddellik ekstensie in lê uit.
- Demonstreer die gebruik van lumbale stutte in sit en lê.
|
| Twee |
- Bevestig diagnose.
- Gaan sit-postuur en oefening na.
- Indien verbeter, moet niks verander nie, behalwe om ekstensie in lê te
verminder na een keer elke twee ure; vervang ekstensie in lê met ekstensie
in staan wanneer nodig.
- Indien geen verbetering, stel ondersoek in of alle oefening vêr genoeg in
ekstensie en dikwels genoeg deur die dag uitgevoer word en dat die lordose
goed behou word.
- Voeg ekstensie mobilisasie by, moontlik rotasie mobilisasie in ekstensie.
- Waarsku oor "nuwe pyne."
|
| Drie |
- Gaan sit houding en oefening na.
- Indien verbetering in simptome plaasvind gaan voort met prosedures soos
aangedui.
- Sodra konstante pyn verander het na. intermiterende pyn, hou op met maagld
en ekstensie in maagld; begin die "slouch" oorkorrigeer oefening.
- Indien geen verbetering nie, konsentreer op mobilisasie tegnieke en voeg
ekstensie manipulasie by.
|
| Vier |
- Gaan oefening en vordering na.
- Indien vordering bevredigend is, verminder behandeling tot drie of vier keer per week.
- Gaan voort met dieselfde program totdat die pasiënt teen minste vir drie dae pyn vry is.
- Indien vordering onbevredigend is, herhaal mobilisasie en
manipulasie tegniek.
|
Vyf en sewe |
- Gaan oefening en vordering na.
- Sodra pasiënt pyn vry vir drie dae is, verminder ekstensie in lê tot
drie keer per dag en vervang dit met ekstensie in staan wanneer ookal nodig
gedurende die dag.
- Begin met fleksie in lê terwyl al die nodige voorsorginaatreëls geneem
word.
- Fleksie in lê moet gevolg word deur ekstensie in lê.
|
Verdere behandeling |
- Ek verkies om patiënte
met ontwrigting elke dag te sien totdat die reduksie
stabiel is en die patiënte in beheer is. Dit mag tot vyf dae neem. Dan mag
behandeling verminder word tot alternatiewe dae.
- Sodra reduksie van die ontwrigting stabiel bewys is en die pasiënt vir ten
minste drie dae pyn vry was, mag fleksie oefening begin word om funksie te
herwin.
- Alle fleksie oefeninge moet gevolg word deur ekstensie oefeninge in lê; as
dit nie moontlik is moet ekstensie in staan uitgevoer word.
- Wanneer geen verdere fleksie met fleksie in lê gewen kan word nie, moet
die pasiënt begin met fleksie in staan.
- Wanneer funksie herwin is, mag fleksie in staan gestaak word.
- Die pasiënt word aangeraai om vir ses weke met die oefeninge voort te gaan
om. herhaling te voorkom: hy moet ekstensie in lê doen in die oggend,
fleksie in lê gevolg deur ekstensie in lê in die aand; ekstensie in staan soos
nodig deur die dag; en moontlik die "slouch oorkorriger" oefening wanneer
hy sit afskeep.
- Voor ontslag moet profilakse, self behandeling in diepte bespreek word. Ons
moet beklemtoon dat self behandeling oneindig meer wenslik is as
afhanklikheid van terapie.
|